Padmerke

Padmerke: Simbole en Woordmerke

Fietsoorganglyne – aanwysingsmerke

Waar: Op enige pad, veral in stedelike gebiede.

Doel: Om ’n gedeelte van die pad aan te dui wat deur fietsryers gebruik moet word om die pad oor te steek.

Optrede: Kyk uit vir fietsryers wat oorsteek of wat die pad wil oorsteek.

Fietsoorganglyne oor ’n pad

Padmerksimbole

Waar: Op enige pad. By ’n fietsbaan, ’n pad wat na ’n lughawe lei, en waar ’n parkeervak slegs vir gestremdes gereserveer is.

Doel: As bykomende merke saam met standaardtekens en -merke om jou in te lig dat ’n area vir ’n bepaalde groep gereserveer is, of dat ’n pad na ’n bepaalde bestemming lei.

Optrede: Moenie ’n pad of ’n gemerkte gedeelte van ’n pad gebruik indien jy nie deel is van die groep wat deur die merk geïdentifiseer word nie.

Simbole wat op die padoppervlak geverf is

Woordmerke

Waar: Op enige pad.

Doel: Om jou van bykomende inligting te voorsien.

Optrede: Lees die boodskap op die pad en fokus dan op die moontlike gevaar wat deur die boodskap aangedui word.

Woorde wat op die padoppervlak geverf is